ISBN: 9781928426691 | Published: April 26, 2019 |
Die Medusa-kode
Die Medusa-kode
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Die mensdom raak verslaaf - aan sosiale media, die kuber en alles virtueel. Is rehabilitasie moontlik? Dit lyk of dinge reeds onomkeerbaar is. Tensy Medusa, die berugste kuberkraker ooit, vrye teuels gegee word om haar missie te voltooi: om sosiale media asook die ganse internet, te vernietig. Om terug te keer na tye toe realiteit en fantasie verskillende begrippe was. Toe feit nog van fiksie onderskei kon word.
In 'n desperate poging om die kuberruim te beskerm, vertrek 'n span IT-spesialiste na die barre verlatenheid van die Namibwoestyn. Om daar, buite bereik van die internet en Medusa se tentakels, hulself 'n laaste kans te gee om daardie onvernietigbare kode te ontsyfer.
Besoek www.medusacode.com om self die kode te ontsyfer.
Author Dawie Louw
Share
