Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781928426738 | Published: August 26, 2019 |

Alchemie van my muse

Alchemie van my muse

Regular price R 220
Regular price R 0 Sale price R 220
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Alchemie van my muse is 'n veelvlakkige debuut oor die lewe, die liefde en die lettere waarin die spel met die tradisie van die digkuns ontgin word.

Die digter besin oor digterskap en tree postmodernisties in gesprek met ander digters soos Louw, Kirsch, Boerneef, gert vlok nel, e.a. Daar word satiries gekyk na die posisie van Afrikaans. Die liefde word weerloos besing en oor besin, met nostalgie, humor en pyn. Die lewe en die onafwendbare dood word, soms tong-in-die-kies, ander kere oop-en-bloot ontredderd, berym en ontrym.

Pieter Hugo was een van die debutante in Nuwe stemme 4 van 2010. Van sy gedigte het ook al verskyn in New Contrast, Nuwe verset, Toulopers, Sterkykers en as strokiesgedigte in Rapport. Hy was voorheen 'n onderwyser en 'n gemeenskapsontwikkelaar. Hy woon tans in Kaapstad en dien op die bestuur van die Wes-Kaapse Provinsiale Biblioteekdiens. Pieter is die broer van die bekende digter Daniel Hugo.

Author Pieter Hugo

View full details