ISBN: 9781928456377 | Published: June 12, 2019 | Paperback
Guppy en ander stories
Guppy en ander stories
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Lesers wat van anderste stories hou wat 'n goeie skoot gesonde humor en 'n knippie lewenswysheid bevat, sal lekker lees aan hierdie bundel met 33 skrywes uit die pen van Susanna Moolman. Die skrywer het ʼn onopgesmukte manier van skryf en 'n gemaklike geselstrant. Dit is ontspannende leesstof met 'n heerlike verskeidenheid temas. Moolman is 'n fyn waarnemer. Haar soms poëtiese en soms op-die-man-af- beskrywings van mens, hond en natuur noop die leser om af en toe 'n sin wéér te lees net vir die mooi daarvan.
Verskeie van Moolman se vertellinge draai om Guppy, die skrywer se geliefde maltrap woef. Dit is vanuit die staanspoor duidelik dat hond en eienaar 'n baie hegte verhouding het en vele avonture saam beleef. Moolman skryf in die inleiding: “Guppy het soos 'n onverwagte swangerskap in my lewe gearriveer. Die hond wat nie beplan was nie, wat ons nie eintlik wou hê nie, maar wat tog diep in ons harte gekruip het en uiteindelik ons engel sonder vlerke geword het.” Die boek is dan ook opgedra aan “elkeen wat een of ander tyd ontdek dat engele nie altyd onsigbare wesens met groot vlerke is nie, maar meermale vier bene en 'n groot eetlus het!”
Author Susanna Moolman
Share
