ISBN: 9781928518105 | Published: May 1, 2020 |
Die Kunsversameling van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Die Kunsversameling van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
Min mense is bewus van die interessante kunsversameling, skilderye en kunsvoorwerpe, wat in die Akademie se besit is en wat deur die jare deur kunstenaars aan die Akademie gekenk is.
Die kunsversameling was jare lank in bruikleen by die Universiteit Stellenbosch, omdat die Akademie se ruimte te beperk was nadat sy vorige gebou verkoop is. Met die Akademie se nuwe doelgerigte gebou het die kunsversameling weer “tuisgekom” en kan die kunswerke van Suid-Afrika se mees bekende kunstenaars weer vrylik uitgestal word.
Prof. Alex Duffey, kunskenner en voorsitter van die Akademie se Kommissie vir Visuele Kunste, het ’n aantal jare gelede begin met die teboekstelling van die kunsversameling. Dit het nou gelei tot die publikasie van Die Kunsversameling van die Suid-Afrikaanse Akademie vir
Wetenskap en Kuns 2020 wat deur Naledi uitgegee is.
Wat aanvanklik bedoel was as ’n brosjure het ’n prestigepublikasie in kleur geword waarin nie net kunswerke beskryf word nie, maar waarin ook die lewensberigte van meer as vyftig van Suid-Afrika se belangrikste kunstenaars gedokumenteer is.
Author Alex Duffey
Author SAAWK
Share
