Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781928530633 | Published: September 1, 2021 | Paperback

Wat ek van klippe weet

Wat ek van klippe weet

Author:Jan Wagner
Regular price R 260
Regular price R 0 Sale price R 260
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Gedigte van Jan Wagner (gebore 1971), die veel bekroonde en by die leserspubliek waarskynlik die gewildste hedendaagse Duitse digter, verskyn nou vir die eerste keer in Afrikaanse vertaling.
Uniek in Afrikaans bevat hierdie enkele bundel vaste digvorms soos die sonnet, kwatryngedig, Sapfiese strofe, sestina, tersine, villanelle, haikoe en rondeel, maar ook die vrye vers en prosagedig.
Uniek is ook dat die Afrikaanse vertalings Wagner se omvangryke en speelse gebruik van tradisionele rymvorme, maar ook ongewone rymvorme soos die skuinsrym, pararym en anagramrym weergee.

Robert Schall is in Duitsland gebore en het daar groot geword. Hy het aan die Universiteite Karlsruhe (Duitsland) en Kaapstad gestudeer, en was Professor in Wiskundige Statistiek aan die Universiteit van die Vrystaat tot sy aftrede in 2018.
Hy het GR von Wielligh se Boesmanstories in Duits vertaal as Die Sterne sind glühende Kohlen und Asche, gepubliseer in 2005. Sy vertalings van Afrikaanse gedigte in Duits en Duitse gedigte in Afrikaans het in die letterkundige tydskrif Stilet en op versindaba.co.za verskyn. Hy het Jan Wagner se gedigte vertaal as deel van ’n Meestersgraad in Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van die Vrystaat.

Author Jan Wagner

View full details