ISBN: 9781928530855 | Published: October 1, 2021 | Paperback
Vrugbeginsel
Vrugbeginsel
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Die titel verwys na 'n tipiese vrugbeginsel van 'n plant.
Die vrugbeginsel sit in die hart van die blom en daaruit ontwikkel die vrug wat uiteindelik ryp word en weer saad voortbring.
'n Gedig kan die begin van 'n vrug vir die leser wees - 'n vrug van verbeelding, van 'n beter soort verstaan van die wêreld om jou.
De Waal Venter is in 1942 in Pretoria gebore. Hy het sy loopbaan begin as tydskrifjoernalis. Daarna was hy omroeper by die SAUK, en daarna kopie-skrywer by reklameagentskappe.
Hy het in verskeie genres gepubliseer: poësie, kinderboeke, jeugromans, TV- en radio-vervolgverhale, film, literêre kortverhale en verhoogdrama. In 1984 het hy 'n erepennning ontvang vir sy radiodrama “Die werklike Buys Buys”. Sy ander radiodramas het ook Idem-pryse verower.
Sy jongste digbundel, “Oop sirkel”, het in 2017 verskyn en 'n bundel verse van Pablo Neruda wat hy uit Spaans vertaal het, “Vandag is boordensvol” het in 2019 verskyn, albei by Naledi. In 2020 word die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Prys vir Vertaalwerk aan “Vandag is boordensvol” toegeken.
Author De Waal Venter
Share
