ISBN: 9781928530923 | Published: February 14, 2023 | Paperback
Tussen die hamer en die aambeeld met alzheimers
Tussen die hamer en die aambeeld met alzheimers
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Alzheimers, soos ons as gesin dit die afgelope paar jaar leer ken het, is 'n wrede, aftakelende siekte wat die slagoffer stadig maar seker bekruip en onverwags inhaal, sy gedagtewêreld in beslag neem, sy geheue met hom laat parte speel en dan, mettertyd, sy hele menswees stukkie vir stukkie in besit neem.
Dis 'n geheimsinnige siekte wat die persoon in 'n totaal ander mens verander as die een wat jy geken het. Dis 'n uitmergelende siekte wat die persoon se dierbares laat voel dat hulle letterlik tussen die hamer en die aambeeld beland het.
Die doel van hierdie boek is om in alle opregtheid ander te help wie se geliefdes deur alzheimers getref word en vir wie dit, net soos vir ons gesin, 'n vreemde siekte is. Ons vertrou dat hulle versterk sal word op hul pad met Alzheimer se siekte want 'n maklike pad is dit beslis nie.
***
Wilna Hugo het in die Montagu-distrik grootgeword en het sedert haar hoërskooldae 'n liefde vir skryf gehad. Dit was egter eers ná haar aftrede dat sy begin gedigte skryf het, asook kort artikels en kinderstories.
Sy was vir 'n hele paar jaar lid van die Woordgilde in wie se bundels van haar gedigte verskyn het. Sy publiseer ook 'n gedig in die 5de Bloemlesing, Teater van die Verlore Tyd, van die Breedevallei Dichters (2012).
'n Klompie van haar geestelike gedigte is, sommer vir die gesin, in 'n bundeltjie So diep afhanklik saamgevat.
Author Wilna Hugo
Share
