ISBN: 9781990915086 | Published: September 13, 2022 | Paperback
So is onse mense
So is onse mense
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
J.C. Steyn stel lesers in dié boek onder meer weer bekend aan die bykans vergete geskiedenis van die laaste dramatiese dae van Mei 1902, soos gesien deur die oë van twee vooraanstaande dramaturge; hy herontdek die lewe en werk van die veldprediker, J.D. Kestell; en stel ondersoek in na die persone wat verantwoordelik was vir die oprigting van die Nasionale Vrouemonument.
In die tweede afdeling benader hy die geskiedenis meer outobiografies en gee lesers 'n kykie in sy lewe as jong Vrystaatse seun van die Brandwaterkom. Dan volg tien korter rubrieke - elk met Steyn se kenmerkende fyn benadering tot interessanthede uit die verlede. Die werk word afgesluit met huldeblyke van oudkollegas, vriende en familie wat eer bring aan een van Afrikaans se grootste woordmeesters.
Author J.C. Steyn
Author SAAWK
Share
