Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781990958007 | Published: February 21, 2024 | Paperback

Trouvrou

Trouvrou

Regular price R 560
Regular price R 0 Sale price R 560
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Die Trouvrou resepteboek bevat ‘n mengelmoes resepte van familie, vriendinne en ander wat Sylvia op haar lewenspad versamel het. Die fokus is hoofsaaklik op tradisonele Suid-Afrikaanse geregte. Dis ’n versameling wat enige skoonma sal trots maak op haar skoondogter.

Die boek is in drie afdelings ingedeel: Ouma se plaaskombuis, Mamma se dorpshuis en Sussie se “Flat”. Ouma dek ingewikkelder resepte soos koeksisters en wildspastei, resepte wat bietjie langer neem om voor te berei, Mamma is bietjie makliker met resepte soos Basaarkerrie en Pampoentert en Sussie s’n is sommer eenvoudig, met tientalle bymekaargooi disse.

Waar resepteboeke traditsioneel bont ontwerp word, is die Trouvrou Resepteboek jonk en vars met kleurpalette van groen en pink. Dit is ’n kombinasie van modern en nostalgies.

Die 256 bladsye, volkleur, 20cm x 25cm, sagteband boek bevat 175 resepte en 65 volkleur fotos. Daar is oop bladsye tussen-in waar jy jou eie resepte kan inskryf.

Trouvrou Resepteboek Indeks

Die Trouvrou Resepteboek is die ideale geskenk vir ’n nuwe bruid, of vir enige dame wat haar kookvernuf na die volgende vlak toe wil vat vir wanneer skoonma kom kuier.

View full details