ISBN: 9781991237293 | Published: February 9, 2024 | Hardcover
Verklarende Studiebybel 1933/1953 Vertaling Egte Leer Heuning
Verklarende Studiebybel 1933/1953 Vertaling Egte Leer Heuning
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Die Verklarende Studiebybel is 'n omvattende Studiebybel gebaseer op die 1933/1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans. Twee vooraanstaande teoloë het die verklarende notas, temas, tekskritiese inligting en inleidings tot die Bybelboeke redaksioneel versorg om te verseker dat dié inligting die Bybel getrou ontsluit en in ooreenstemming is met die nuutste Bybelkundige insigte.
Unieke kenmerke en eienskappe sluit in:
• Teks van die 1933/1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans
• Boek-vir-boek-inligting met inleidende artikels tot elke Bybelboek
• 21 Onderwerp-vir-onderwerp-artikels wat 'n algemene oorsig bied oor die hele Bybel
• Unieke “Bestudeer die boek”-kassies wat die Bybelboek se vernaamste temas en leringe verken
• Vers-vir-vers-voetnotas wat dwarsdeur die teks voorkom
• Volkleurkaarte
• 9-punt-lettergrootte
• Egte leer omslag (beperkte uitgawe), met kontemporêre kleur en ontwerp
Die Verklarende Studiebybel is spesiaal saamgestel om jou Bybelkennis te verbreed, jou te help om persoonlike Bybelstudie te doen en jou geestelik te laat groei.
Author 1933-1953 Vertaling
Share
