Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781991256126 | Published: January 1, 2023 |

Marlene van Niekerk - Die tempteerbare oog

Marlene van Niekerk - Die tempteerbare oog

Author:SAAWK
Regular price R 385
Regular price R 0 Sale price R 385
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Marlene van Niekerk is met die Hertzogprys bekroon vir haar roman Agaat (2007) en haar digbundel Kaar (2014). Benewens prosa en poësie skryf sy ook dramas en al drie genres figureer in die opstelle wat in hierdie teks opgeneem is. Opstelle handel nie net oor die twee bekroonde tekste nie, maar betrek haar hele oeuvre.
Doelbewus is besluit om by die jonger akademici aan te klop, veral diegene wat reeds oor Van Niekerk se werk geskryf het of wat oor haar tekste gepromoveer het. Uit die onderskeie hoofstukke kan eietydse teoretiese kwessies afgelees word, veral as in gedagte gehou word dat Van Niekerk 'n erudiete outeur is van ensiklopediese tekste.
'n Deurlopende tema in Van Niekerk se werk is 'n volgehoue beskouing oor die rol van die kunstenaar in die globale konteks. Maar meer nog, dit word ook - net soos in Marlene van Niekerk se spel met haar Stellenbosse intreerede 'n stipte verslag oor die skryfproses. By monde van haar bekendste karakters word haar kunsteoretiese insigte aan die leser oorgedra.

View full details