ISBN: 9781991256478 | Published: September 1, 2025 | Paperback
Skaakmat in Elf
Skaakmat in Elf
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Twee vroue Mossadagente, een 'n Suid-Afrikaansgebore musiekonderwyseres en die ander 'n Britse plantkundige, probeer om die meesterbrein agter die terreuraanval op die Israeliese Olimpiese span by die 1972-Spele in Munchen op te spoor en te elimineer. Een misluk, met katastrofiese en verrassende gevolge. Die ander slaag, maar die nadraai is bittersoet. Op die vyftigste herdenking van die terreur-aanval vertel hul vriendin hulle verweefde verhaal aan 'n navorser. Dit ontplooi tydens 'n skaakspel bestaande uit elf skuiwe. Die vraag is egter wie word in die finale skuif vasgetrek?
Hierdie historiese fiksie debuutroman is gebaseer op ware persone en gebeure en speel af op die wereldverhoog.
Author Etienne Labuschagne
Share
