ISBN: 9781991256706 | Published: June 24, 2024 |
Vrystaatstories
Vrystaatstories
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Liewe “Early Bird”, Dankie vir jou vooruitbestelling. Hierdie boek is beskikbaar vir aflewering einde Junie.
Henning van Aswegen skryf volkstories en kinderverhale oor die Vrystaat se hartlike mense en interessante diertjies wat hy tydens sy ongebonde grootwordjare langs Virginia se magtige Sandrivier teëgekom het.
In Vrystaatstories ontmoet die leser vir Mossieman en Geronkie die Donkie wat die niksvermoedende inwoners van die Vrystaat onderwerp aan avonture en poetse, meesal met onvoorspelbare en humoristiese gevolge.
Elke storie en elke skets is oorspronklik, uniek en humoristies - en is geskik vir kinders van 8-80 jaar.
Kinders leer om nie ander kinders af te knou nie (bullying); om kinders en diere met respek te behandel, om teen niemand te diskrimineer nie, en nie lelik en afbrekend met ander te praat nie.
Selfs die kleinste diertjies in die stories soos Mys die Muis, Spinne Spinnekop en 'n Dowe Paddatjie word met respek en empatie behandel.
In Vrystaatstories word lesers deel van die karakters se koeterwaals en manewales!
Author Henning van Aswegen
Share
