Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781991256720 | Published: June 7, 2024 | Paperback

Hallo Ma

Hallo Ma

Regular price R 250
Regular price R 0 Sale price R 250
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Hallo, Ma is ʼn verwerking van ʼn reeks rubrieke deur Chrisna Beuke-Muir wat die afgelope elf jaar in die Republikein se Ons Taal-rubriek verskyn het.
In die 84 briewe gesels sy met haar oorlede ma oor haar ervarings as letterkundedosent, dikwels in kombinasie met die Nederlandse literatuur, haar ervarings op die verhoog, en hoe Afrikaans ingewortel bly in Namibië, 'n land waar Engels die enigste amptelike taal is.
In die afsluiting van die briewe word die leser gekonfronteer met die skrywer se onsekerheid oor die Ander Dimensie waar haar ma haar nou bevind, waar daar nie meer soos deur 'n spieël in 'n raaisel nie, maar van aangesig tot aangesig gesien word.
Van die briewe laat jou skaterlag - soos die een oor haar Strandveld -pa se sê goed: “Siestog, daai ou het aankapknieë soos 'n kombuiskuiken”.
Ander is diep roerend oor die soms stormagtige verhouding met haar ma.

View full details