ISBN: 9781991256997 | Published: June 1, 2024 | Paperback
Miniatuur
Miniatuur
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
In Miniatuur vind ons ʼn behendige hantering van die kwatryn soos die digter ook in die vorige twee bundels, Weerlig van die ongeloof en Duimnaelsketse, gedoen het. Die gedrongenheid en dissipline maak die kwatryn ʼn uitdaging, en dié digvorm is duidelik ʼn vorm wat die digter aanstaan.
Die 102 kwatryne is in vyf afdelings opgeneem, en open met “Skryf as bonsaikuns”:
Skryf as bonsaikuns
Die aandag van die oog se lens
& die gawe van die verdig(sel)kuns
(die tydsaam verbuig & wegflens):
openbaar die kwatryn as bonsaikuns.
Die langsame buig en wegsnoei om die bonsai tot stand te bring word vergelyk met die skryf van die kwatryn waar soortgelyke arbeid nodig is om aan die eise van die kwatrynvorm te voldoen.
Die eerste afdeling, I Voëls, bevat kwatryne oor die natuurlike lewe, die seisoene; II Middernagtrein, bevat kwatryne oor liefde, erotiek, die seksuele terwyl III Kom herfs, kom winter, verse bevat wat handel oor oudword, verval, ontluistering;
IV Afsien, bevat kwatryne wat veelal oor die dood handel, oor afskeid en verlies. Die kwatryne in hierdie verskillende afdelings praat met mekaar, antwoord mekaar, en vir die belese leser is daar ʼn volgehoue gesprek met die Afrikaanse digtradisie.
Author Johann de Lange
Author ATKV2025
Share
