Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781997476207 | Published: September 15, 2026 | Paperback

Kleingert

Kleingert

Estimated Shipping Widget will be displayed here!

Regular price R 280
Regular price Sale price R 280
Out of print
VAT included.

’n Negejarige seun en ’n pedofiel.

’n Pa en ’n samelewing wat anderpad kyk. Ook ’n noodgedwonge verblyf in die berugte Gert van Rooyen se huis in Capital Park. “Ek het lanklaas ’n boek gelees waarin iemand hom- of haarself so slim en in detail ontleed … Ná hierdie boek behoort Kleingert Grootgert te wees,” skryf Dana Snyman. *Kleingert* is die aangrypende memoires van Gert du Toit, geskryf in samewerking met Anemari Jansen.

In die teks, wat beweeg tussen kinderherinneringe, volwasse refleksie en teologiese interpretasie, praat Gert rou en eerlik oor hoe sy lewe op negejarige ouderdom verwoes is en hy vyftig jaar alleen probeer het om sy trauma te verwerk. Hy bevind hom op ’n wilde, selfvernietigende pad. Totdat alles te veel raak.

Met die hulp van ’n sielkundige leer hy om nie te probeer vergeet nie, maar vas te hou aan die enigste twee ankers wat daar ooit vir hom was: sy Skepper en sy vrou, Karinie. *Kleingert* is ’n boek wat gesprekke oor manlike trauma kan oopmaak – ’n onderwerp waaroor min Afrikaanse mans nog openlik geskryf het.

Author Gert du Toit

View full details