Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781997476337 | Published: August 26, 2026 | Paperback

Onthou is die dag wat breek

Onthou is die dag wat breek

Estimated Shipping Widget will be displayed here!

Author:Alwyn Roux
Regular price R 295
Regular price Sale price R 295
Out of print
VAT included.

Lina Spies is een van die bekendste en mees geliefde Afrikaanse digters, met ’n goue oes van ikoniese gedigte soos “Op die dood van Riëtte”, “’n Paternoster vir Suid-Afrika”, “Lied van die kinders” en “Rembrandt”. Ons is oortuig dat die eerbaarste eerbetoning aan ’n digter deur die poësie van mededigters gebring word. Die bundeltitel is ontleen aan ’n versreël uit een van Spies se verse, naamlik “Kringloop” (opgeneem in Sulamiet, 2016), en dui op die samevoeging van herinnering en voortsetting.

In elk van die vier-en-vyftig opgeneemde gedigte is daar sprake van aanknopingspunte. Sommige verse tree op ’n duidelik aantoonbare wyse in gesprek met spesifieke gedigte van Spies. Benewens direkte ruggespraak sluit sommige verse ook op ’n subtieler en wyer omskrewe wyse aan by tematiese kodes in Spies se repertoire, soos kinders, katte, kunstenaars en die dood. Ons hoop dat hierdie huldigingsbundel poësielesers sal aanmoedig om met hernude belangstelling die digkuns van Lina Spies te verken en haar blywende impak op die Afrikaanse digkuns in oënskou te neem.

Hierdie bundel bevat digterlike huldeblyke aan Lina Spies wat op uitnodiging van die samestellers en redakteurs geskryf is. Lina Spies was op geen stadium by die samestelling of keuring betrokke nie.

Author Alwyn Roux

Author Neil Cochrane

View full details