ISBN: 9781997476528 | Published: September 16, 2026 | Paperback
Spiraal
Spiraal
Estimated Shipping Widget will be displayed here!
Couldn't load pickup availability
Verse wat inwaarts wentel, na die ontwakende mens SPIRAAL is Margaret Cordier-Biermann se tweede Afrikaanse digbundel, ná haar debuut BUIGBREEK (Cordis Trust, 2021).
In een-en-vyftig gedigte, verdeel in vyf afdelings, wentel die bundel inwaarts – van die kosmiese spiraal van die skepping na die enkele mens wat ontwaak, van seestrome en DNS na die tydgees van kunsmatige intelligensie. Dwarsdeur dra die bundel één oortuiging: dat barmhartigheid uiteindelik oor oordeel triomfeer.
SPIRAAL staan in die Afrikaanse tradisie van die “religieuse vreugde in die aardse” – dié van T.T. Cloete en Sheila Cussons – waar wetenskap en geloof mekaar deurweef eerder as om teenoor mekaar te staan.
Author Margaret Cordier-Biermann
Share
