ISBN: 9781997476559 | Published: September 30, 2026 | Paperback
Van die Apennynse berge tot Sisilië
Van die Apennynse berge tot Sisilië
Estimated Shipping Widget will be displayed here!
Couldn't load pickup availability
Van die Apennynse berge tot Sisilië: Italiaanse kortverhale is Rina Cascione se vierde publikasie sedert sy met haar digbundel Meer as woorde (Naledi, 2021) gedebuteer het.
Dié bundel, wat vir die Ingrid Jonker-prys benoem is, het vertalings uit gedigte in Italiaans, Engels en Spaans ingesluit. Sedertdien het sy haar hoofsaaklik op vertalings toegespits. Haar tweede bundel, Kliniek van verlatenheid (Naledi, 2022), is ’n vertaling van die Italiaanse digter Alda Merini se laaste digbundel. Merini het onder andere die Guggenheimprys ontvang en is twee keer vir die Nobelprys vir Letterkunde aanbeveel.
Twee jaar later het die vertaling van Pater Meus deur Mario Relandini (Naledi, 2024) gevolg. Relandini se Pater Meus is in 2014 die Internasionale Letterkundeprys toegeken, en Cascione se vertaling was die eerste om, soos in die geval van Merini, hierdie Italiaanse skrywer aan ’n Afrikaanse gehoor bekend te stel. Beide Kliniek van verlatenheid en Pater Meus is besonder gunstig deur kritici ontvang. Die vyftien Italiaanse kortverhale wat Cascione hier vertaal het, dek ’n wye verskeidenheid outeurs en strek van die 14e tot die 20e eeu. Onder dié outeurs het twee, Grazia Deledda en Luigi Pirandello, die Nobelprys vir Letterkunde ontvang. Hierdie vertaling – Van die Apennynse berge tot Sisilië: Italiaanse kortverhale – is weer eens ’n eerste vir Afrikaanse lesers.
Rina Cascione het musiek op Stellenbosch en in Europa studeer en was tot en met haar aftrede klaviersdosent aan die Musiekdepartement van die Technikon Pretoria – tans die TUT. Sy het die afgelope jare gewy aan haar passie vir tale en letterkunde deur haar gedigte en vertalings.
Author Rina Cascione
Share
