ISBN: 9781997476597 | Published: September 30, 2026 | Paperback
Doodskoot
Doodskoot
Estimated Shipping Widget will be displayed here!
Couldn't load pickup availability
Haar baba is weg.
En die waarheid gaan bloed kos. Junita van Emmenis se huwelik verbrokkel; haar buurman word in sy eie bed doodgeskiet en die ondenkbare gebeur: iemand ontvoer haar eenjarige dogtertjie – helder oordag en voor haar oë! ’n Paar oomblikke is al wat nodig is.
Die polisie soek; Junita se wêreld stort in duie. Sy vind uit dat haar man, ’n strafregadvokaat, vasgevang is in die gevaarlike wêreld van ’n berugte misdaadbaas. En wie is verantwoordelik vir die koelbloedige moord op dié invloedryke skelm se advokaat? Iewers is daar iemand wat fyn beplan en aan die toutjies trek. In ’n stad waar die grens tussen reg en misdaad vervaag en elke geheim ’n dodelike prys het, veg Junita teen tyd, én haar eie twyfel. Sy moet uitvind wie die ware teiken is voordat nóg iemand sterf. Wie gaan die doodskoot gee? Wat gebeur as vier van die land se voorste krimiskrywers een krimi skryf?
Een vat jou saam met die ontvoerder.
Een laat jou deur die oë van ’n moordenaar kyk.
En die ander twee? Hulle sorg dat jy niemand vertrou nie.
Share
