ISBN: 9781997476603 | Published: October 13, 2026 | Paperback
Ek ís sy
Ek ís sy
Estimated Shipping Widget will be displayed here!
Couldn't load pickup availability
Ek ís sy is meer as net ’n memoire.
Dit is ’n verhaal wat vir mense wys hoe genade lyk.
Op 17-jarige ouderdom het plakkate, wat Natalie as vermis aangekondig het, op sosiale media mense se harte aangeraak – vandag is haar verhaal van verkragting, trauma, verwerping, verlies en moeilike lewensomstandighede ’n beeld van Genade. Dit is nie net ’n verhaal van iemand wat God ontdek nie, maar ’n verhaal wat erken dat daar selfs in oorwinning steeds moeilike oomblikke is, want die liggaam onthou trauma. Met eerlikheid, emosie en hoop neem Natalie die leser op ’n reis deur die donkerste seisoene van haar lewe, van die trauma rondom haar Oupa, tot die skooldogtertjie wat vermis was en die mans wat later haar soeke na aanvaarding misbruik het.
Sy praat nie net oor haar aborsies, los verhoudings en siekwees nie, maar ook van genade, herstel en hoop. Veral hoop in die storms van haar lewe. Dit skree nie uit: “Ek het oorwin en nou is alles oké nie.” Dit sê: “Ek het oorwin, al is alles nie altyd oké nie.” Die boodskap is: Dit is aanvaarbaar om vandag gebroke voor God en mense te staan.
Author Natalie Hayes
Share
