ISBN: 9781997481096 | Published: December 4, 2025 | Paperback
Joburg, die blues en n swart Ford Thunderbird
Joburg, die blues en n swart Ford Thunderbird
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
Jo'burg, die blues en 'n swart Ford Thunderbird vertel die verhaal van Martie-Santjie, Piet Wieletjies en Stil Wille de Jager. Die boek is doelbewus in omgangstaal geskryf. Die leser moenie wonder of Pienaar homself apart sien van die 'kommin' karakters tussen hierdie blaaie nie. Hy is een van hulle. Hy ken hulle, hy verstaan hulle strewes, hulle hartseer, en hy verstaan hulle taal.
Die boek speel af, in Johannesburg, so 'n halfeeu gelede in die middel van die sestigerjare van die vorige eeu in die tyd van hippies, ducktails, en karre wat brul; toe Noord-Transvaal die Curriebeker knaend gewen het; toe Twist n Shout nuut was. 'n Tyd toe sukses beteken het jy verhuis van Fietas na Brixton.
Author Vincent Pienaar
Share
