Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781997492306 | Published: May 5, 2026 | Paperback

Sanniesherberg

Sanniesherberg

Regular price R 288
Regular price R 320 Sale price R 288
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Sanniesherberg.
'n Klein plekkie op die vlaktes van die Kromruggens-distrik, waar almal mekaar nog ken en soms selfs groet.
Waar liefde en verwyt dieselfde tafel deel, geheime nooit te diep begrawe word nie en die droogte die inwoners meestal nederig hou.
Sommige kom hierheen om weg te kruip. Ander verdwaal eenvoudig hierheen. Maar almal maak uiteindelik 'n draai deur die dorp se stofstrate, onder die kerk se skadu en verby die plekke waar ou leuens nog soos sonbesies in die hitte kerm.
Sanniesherberg is 'n bundel verweefde verhale oor mense, hulle skuld, genade, verlies en die gevare van hoop en wensdenkery.
Hier dra elkeen 'n storie.
En sommige stories dra selfs die waarheid.

OOR DIE SKRYWER
Martin van Rensburg woon in die republiek se hoofstad.
Hy deel sy ou sinkdakhuis se plankvloere en staalplafonne met sy vrou Sonja, sy seuns Mark en Thomas, en twee brakke, Samuel en Cowboy.

View full details