Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781998975549 | Published: January 15, 2022 |

Die Wraak van Kgaragoba

Die Wraak van Kgaragoba

Regular price R 350
Regular price R 0 Sale price R 350
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

ʼn Moord en Roof verhaal
Na ʼn voorlegging deur Veiligheidstakhoofkantoor verleen die regering se Veiligheidsraad toestemming dat ʼn geheime eenheid onder die kodenaam Ops Knyptangop die been gebring moet word om die sterk opkomende bedreiging van linkse terroriste organisasiesdie hoof te biedwat geskoei is op die beginsels van die Israelse Mossad; “moor jou vyand en hulle families uit dan slaan jy jou vyand waar dit die seerste maak.”
Samuel Ndou, ʼn opgeleide MK terroris met gevegsnaam Die Vlermuis en die leier van die Mountain Scouts kry opdrag van sy leierskorps om sabotasie te pleeg. Na vele nagte se observasie besluit hy om die trein wat steenkool vanaf Witbank na die kragsentrales in Pretoria vervoer by Eersterus spoorwegstasie te laat ontspoor. Hulle lê trein by die wisselaar in die hoofspoorlyn voor en net voordat die trein deur die wisselaar moet ry blok hulle met stukke staal die werking daarvan wat katastrofiese gevolge meebring. Die stoomlokomotief en al sy trokke gelaai met steenkool ontspoor, ploeg in ʼn passasierstrein op pad na Mosambiek en kom in een van die gebou van die spoorwegstasie tot stilstand.Die treindrywer en sy stoker sterf in die botsing en nog talle Mosambiek se burgers wat in die passasierstrein gesit en wag het, is gedood of ernstig beseer.
Die Veiligheidsraad beskou die daad as die ergste geval van terreur denkbaar en Veiligheidstakhoofkantoor gee opdrag aanEenheid Ops K dat hulle die skuldiges moet opspoor en uit die samelewing verwyder. Majoor Dries du Preez, die eenheid se bevelvoerder gee aan adjudant-offisier Solly Moreng opdrag om hoofkantoor se opdrag uit te voer.
Die Uil word geïdentifiseer en adjudant Solly en nog twee van sy kollegas met balaclavas oor hulle gesigte getrek slaan toe op sy huis en skiet vir Die Uil en sy vrou dood. Hulle seun Frankywat buite in ʼn agterkamer slaap skrik wakker van die geraas in die huis en deur die kombuisvenster sien hy hoe sy ma geskop en doodgeskiet word met sy pa alreeds dood op die kombuisvloer lê.
Frank sien dat een van die aanvallers ʼn wit man is en besef dadelik dat dit die gevreesde Security Police is, vlug landuit en word ʼn fanatiese terroristeleier met die gevegsnaam Kgaragoba, die Rooiborslaksman.

Author Henk Heslinga

View full details