ISBN: 9781998984169 | Published: October 13, 2025 | Paperback
Ons Grootste Springbokhelde
Ons Grootste Springbokhelde
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
Ons Grootste Springbokhelde: Etzebeth
Ek is so dankbaar om jou vriend te wees en ek kan nie wag om my kleinkinders te vertel ek het saam met Eben Etzebeth gespeel nie - Siya Kolisi. Sedert hy vleuel was vir Hoerskool Tygerberg se o. 16B-rugbyspan, het Eben Etzebeth uitgestyg en op die ouderdom van 20 'n Springbok en 'n legende in Suid-Afrikaanse rugby geword.
Ons Grootste Springbokhelde: Pollard
Ek het geweet ek het werk gehad om te doen. As 'n rugbyspeler leef jy hiervoor. Gelukkig het dit uitgewerk - Pollard oor daardie skop wat die Springbokke na die 2023 Rugby-Wereldbeker-finaal geneem het. Handre was van jongs af bestem vir uitmuntendheid, en die Bulle het hom 'n kontrak aangebied toe hy nog op skool was.
Ons Grootste Springbokhelde: Du Toit
'Ek maak altyd die grappie dat as daar 'n with plastieksak oor die veld waai, Pieter-Steph dit ook sal agternasit. Hy is soos 'n masjien.' - Jacques Nienaber. Pieter-Steph du Toit het grootgeword met 'n sterk gevoel dat hy vir iets groot bestem is. Die familie-nalatenskap was altyd vir hom belangrik, en hy was bewus van 'n gevoel van verantwoordelikheid omdat hy die Du Toit-naam dra.
Ons Grootste Springbokhelde: De Klerk
Jy het amper nie 'n losskakel nodig wanneer Faf speel nie. Hy hardloop, hy gee die bal aan en hy skop. Ek beskou hom as die heel beste skrumskakel in die wereld. - Chris Ashton, vleuel, Engeland.
Hy is nooit vir 'n Cravenweekspan gekies nie, maar Faf de Klerk het nie moed opgegee nie. Met ongeewenaarde wilskrag en deursettingsvermoe het hy 'n Springbok geword. Faf was 'n deurslaggewende deel van die span wat die Rugbywereldbeker in 2019 en 2023 gewen het.
Ons Grootste Springbokhelde: Kolbe
Met sy beroemde systappie is hy by Owen Farrell verby, en die doellyn was oop voor hom. Cheslin Kolbe het sy vuis triomfantelik gelig en sy hande in 'n dankiesegebaar byeengebring. Dit was 'n droom van 'n drie wat die skare lank sal onthou - almal wat daar was en die miljoene TV-ondersteuners.
Ons Grootste Springbokhelde: Kolisi
Op Saterdag, 15 Junie 2013, het Siya wakker geword met vlinders in sy maag, want hy sou sy eerste toetswedstryd vir die Springbokke speel. Siyamthanda Kolisi is die kaptein wat die Springbokke na die meeste oorwinnings in die geskiedenis van Suid-Afrikaanse rugby gelei het. Hierdie is die verhaal van sy ikoniese pad na glorie.
Author Don Nelson
Share
