Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9789000036851 | Published: August 28, 2018 |

Jou Natuurgids Met Klankleser

Jou Natuurgids Met Klankleser

Regular price R 1 700
Regular price R 0 Sale price R 1 700
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Die wildstreke van Suider-Afrika is uiteenlopend wat betref die landskap asook die dierelewe wat daar voorkom. Elke ekosisteem het unieke elemente maar ook uiteenlopende fasette wat met mekaar in wisselwerking is en nie in isolasie waardeer kan word nie. Die bome en plante voorsien die verhoog waarop die dieregroepe hul bestaan kan uitspeel - van die kleinste insek tot die grootste olifant. Hierdie boek bied reisigers wat Suider-Afrika vir die eerste keer besoek, asook meer ervare natuurliefhebbers, 'n toeganklike gids tot die gedragswyses van wilde diere.
- 'n Alles-in-een-gids wat die algemeenste soogdiere, voels, reptiele, paddas, insekte, spinnekoppe, skerpioene, bome en blomplante dek wat in die streek voorkom.
- Lesersvriendelike teks en meer as 900 asemrowende foto's verklap wat die kreature van die Afrika-wildernis doen en waarom hulle dit doen, asook watter rol elkeen in die komplekse web van die natuur speel.
- Inligting is verklarend en beskryf gedrag, pleks van die ritse tegniese data tipies van ander veldgidse.
- 'n Kleurvolle en verbeeldingryke uitleg betrek die leser visueel by die inhoud.
- Ander kenmerke sluit in verspreidingskaarte, dierspore, ikone en tabelle vir vinnige identifisering.
- Met die Briza Klankleser ('n opsionele ekstra) kan die leser luister na die geluide wat soogdiere, voels, paddas en ander diere maak, asook na die uitspraak van die wetenskaplike name van al die diere en plante wat in die boek verskyn.

Author Megan Emmett

View full details