Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9789000041459 | Published: July 1, 2025 |

Julie 2025 Romanza Boekpak met Stoom

Julie 2025 Romanza Boekpak met Stoom

Author:Dina Botha
Author:STOOM
Regular price R 550
Regular price R 0 Sale price R 550
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Die reünie - Erla-Mari Diedericks
Andrea is min lus vir haar skoolreünie, tot sy hoor Stiaan Smith gaan beslis daar wees. Hy het haar hart gebreek toe hy haar ná universiteit
vir 'n ander vrou gelos het.
Die saak is uitgemaak: Sy gaan Kaap toe vlieg vir die reünie. Daar gaan sy Stiaan se hart uit sy borskas pluk, dit braai en afsluk saam met 'n
goeie glas rooiwyn. Dit is nou wel jammer sy het nie 'n metgesel nie, maar nou ja.
Die noodlot het egter ander planne.

Boomhuise en beloftes - Zinèt Oosthuizen
Toe Adelie haar aantreklike Franse tutor ontmoet, begin haar hart volksvreemde tale praat. Sy moet besigheidsterminogie leer, maar bewys gou sy is dit reeds baas. Daarna maak Sihan elke oomblik tussen hulle kosbaar en leer haar die werklike betekenis van die sinnetjie “Je t'aime”.
Dis nou tot haar eerste liefde, Shane, weer op die toneel verskyn.

Jy is my hartklop - Dina Botha
Sal hy haar hart weer kan wen?
Ná twee jaar op haar eie is Lelanie oortuig sy is oor haar verslawing aan haar vervreemde man, Adam. Tot hy aangestel word as die
besturende direkteur by die maatskappy waar sy werk.

'n Skatkis vol hoop - Corné van Rooyen
Juliëtte geniet haar werk as juffrou en sy en haar trouman, Lodewijk, beplan om verloof te raak. Dis nou tot haar grootword-boetie, Arendt, onverwags uit Frankryk terugkeer.
Die seun uit haar kinderdae is nou 'n aantreklike dokter. Hy wek gevoelens in haar op wat Juliëtte nie kan verstaan of beheer nie. Sy doen haar bes om Arendt te vermy en spandeer selfs meer tyd saam met Lodewijk.

Volbloedman - Marilé Cloete
Denise vind nog haar voete in die Boland nadat sy uit 'n toksiese huwelik ontsnap het. Dirk is 'n toegewyde polisieman, maar sy eksvrou het hom oor 'n enkele fout in sy verlede finansieel afgepers.
Toe Denise se woonstelgebou afbrand, vermoed sy haar eksman is verantwoordelik. Maar sy bly uit skaamte stil oor haar verlede. Dirk vind uit hoe Denise van haar eksman ontkom het en moet besluit of hy hom daarmee kan versoen.
Sal hulle saam liefde en aanv aarding bymekaar kan vind?

View full details