Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9789000041466 | Published: June 24, 2025 |

Zee'kie Skryfseltjies

Zee'kie Skryfseltjies

Regular price R 150
Regular price R 0 Sale price R 150
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

'n Bundel skryfseltjies van Ansie Nel, Santjie Schutte, Bertha Lewis, Ria Thiart, Elize Nel, Elsabe Fouche
'Hoekom sal 'n handvol skrywers in 'n dorpie - wat lyk of die wegraping hulle reeds getref het - saam aan 'n bundel verhale en gedigte werk? Omdat hulle in hulself glo? Nee, dan sou elkeen om sy eie troon geveg het.
Hierdie bundel gaan meer oor die eie-ek waarteen die Bybel waarsku. Hierdie bundel getuig van liefde vir die dorp. 'n Gemeenskap wat so deel van hul menswees is, dat hulle bestaan daarsonder ondenkbaar is.
Dit was vir my 'n voorreg om 'n klein bydrae van advies - seker nie aldag waardevol nie - tot die bundel kon lewer en ek voorsien dat al die skrywers in die nabye toekoms hul name op voorblaaie gaan sien, want elkeen het 'n stem wat gehoor moet word.
Die gemeenskap moet hierop antwoord, nie net om die bundel te koop nie. Nog minder om in ander dorpe daarmee te spog. Maar om hande te vat, deel te word, want hierdie bundel het die potensiaal om 'n jaarlikse hoogtepunt te word en om te oorspoel na ander dorpe.
Ek stel dus, in die donker tye waarin tydskrifte en nuusblaaie toemaak vir 'n digitale toekoms, aan lesers 'n fakkel voor.
Lees, geniet, en word deel.' - Stefaans Coetzee

View full details