Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9789000041473 | Published: July 29, 2025 | Paperback

Augustus 2025 Romanza Boekpak

Augustus 2025 Romanza Boekpak

Regular price R 440
Regular price R 0 Sale price R 440
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Liefdesleuens - Malene Breytenbach
Maya is 'n suksesvolle eiendomsagent by haar flambojante verloofde, Douw, se agentskap. Een van die kliënte vir wie Maya huis soek, is dokter Reinhardt Enslin. Hulle is aangetrokke tot mekaar, maar hy rou nog oor sy vrou wat dood is, en hy het twee kinders op universiteit. Toe Maya uitvind Douw is ontrou aan haar en knoei met die agentskap, sneuwel hul verhouding. Is daar vir haar 'n toekoms saam met die aantreklike, innemende Reinhardt, of droom sy verniet?

Soen my, cowboy - CM Christians
Emma keer ná sestien jaar na Silver Creek Ranch terug, salig onbewus van die chaos wat sy op die plaas veroorsaak. Sy was James, die eienaar se oudste seun, se jeugliefde, maar hy het nou 'n ander meisie. Emma en James het albei verander, en hul onskuldige kinderliefde verander stadigaan in iets onstuimiger.
Gaan Emma se gladde mond haar en James vir altyd uitmekaar dryf? Of gaan James dit reg kry om Emma finaal te tem?

Volmaansoene in Mauritius - René van Zyl
Toe Zoey haar beste vriende se troue op Mauritius bywoon, moet sy Liam, die man wat haar kort voor hul huweliksdag verneuk het, trotseer.
Zoey neem haar gay vriend as haar kamma-verloofde saam om haar waardigheid te beskerm, maar sy kom gou agter dat haar hart steeds na Liam smag, al is hy nou weer verloof.
Nou moet sy besluit of sy haar hart of kop moet volg.

Winterwens - Lizelle von Wielligh
Toe Lianca op haar broer se troue met Paul van Huyssteen dans, weet sy hy is haar trouman, maar Paul het net oë vir die bruid.
Twee jaar later gee Paul se ouers Lianca werk én reël vir haar verblyf in die woonstelletjie op Paul se werf. Hy weet nie Lianca is die man wat sy verloofde gesteel het se suster nie.
Wat gaan gebeur as hy uitvind? Sal Lianca se omgeehart Paul se skanse kan oorkom?

View full details