Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9789000041596 | Published: January 6, 2026 | Paperback

Januarie 2026 Romanza Boekpak

Januarie 2026 Romanza Boekpak

Regular price R 440
Regular price R 0 Sale price R 440
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

'n Skatkis vol drome - Corné van Rooyen
Harriët se droom is om die beste kleremaakster in die Kaap te word. Maar haar droom lê aan skerwe toe haar dobbelverslaafde pa haar aan 'n dobbelbaas beloof om sy skuld af te betaal. Haar lewe verander onherroeplik toe die skatryk Jurgens Hendrikssen tot haar redding kom met 'n vreemde huweliksaanbod. Harriët se droom om topkleremaakster te word kry weer vlerke. Kan sy dit waag om ook te droom dat haar liefde beantwoord sal word?

Dubbelspel vir haar hart - Tosca De Villiers
Elandi vlug na Roodezand om weg te kom van die skindertonge wat haar lewe verwoes het. In haar nuwe pos fokus sy op haar Wiskunde-onderrig en om geld in te samel vir die matriekafskeid. Sy wil nie weer 'n man in haar lewe hê nie, maar Hendrik de Bruyn en dominee Neels stel belang. Hendrik wil dalk weer liefde 'n kans gee, en Neels soek 'n vrou wat orrel kan speel. Wie gaan haar hart wen?

'n Doodgewone meisie - Marilé Cloete
Fiona Viviers, 'n suksesvolle ortotis is in 'n ongelukkige verhouding vasgevang. Anton Bruwer, 'n enkellopende spysenier, help Fiona in 'n ongemaklike situasie. Die insident beland op die internet en Anton word as 'n held gesien, wat hom dwing om verder betrokke te raak. Fiona waardeer sy hulp, al hou sy nie daarvan om “gered” te word nie. Gaan sy hom die kans gee om 'n tikkie towerkrag in haar lewe te bring?

Liefste buurmeisie - Magda Schmidt
Wilmarié en Dirk ontmoet as tieners by die swemkuil op sy pa se plaas. Drie jaar later vier hulle haar mondigwording en verlowing tegelyk, maar Dirk verbreek die verlowing om met iemand anders te trou. Nou is hy ná vyf jaar terug in die distrik en verbasend genoeg steeds ongetroud. Wilmarié het met haar lewe aangegaan en die skoolhoof stel deesdae in haar belang. Nou moet sy besluit of sy vir Dirk kan vergewe en of hulle weer vriende of dalk selfs meer kan wees.

View full details