ISBN: 9789000041619 | Published: January 29, 2026 | Paperback
Februarie 2026 Romanza Boekpak
Februarie 2026 Romanza Boekpak
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
*Onwaarskynlike Cupido - Bets Smith
`n Vreemde ontmoeting lei tot 'n nuwe begin.
Toe haar oorheersende aanstaande Renske se onderwysloopbaan ruïneer, bied haar peetma se erflating 'n nuwe begin.
Saam met die huis op Soutbosbaai erf Renske vir Tippie, die optelhond, en die buurman, Rocco du Randt. Weens haar vorige ondervinding verwar Renske Rocco se sorgsaamheid aanvanklik met voorskriftelikheid.
Maar die troeteldiere dwing hulle toenemend in mekaar se geselskap sodat 'n gemaklike vriendskap tog ontwikkel. Sal hulle betyds besef die lewe is te kosbaar om op misverstande te vermors?
*En toe kom jy - Nerina le Roux
Samantha, 'n kunstenaar, woon met haar hond op Kruisklipbaai ná haar verloofde se dood. Sy stel glad nie in 'n verhouding belang nie. Staan sy egter 'n kans teen die ernstige man wat haar en Wolf een oggend uit die seestroom red?
Zak het jare gelede besluit om nooit te trou nie, maar dan ontmoet hy vir Samantha en haar hond op die strand.
Teen sy sin moet hy herbesin. Kan hy waag om iemand in sy lewe in te laat?
Het Samantha en Zak enigsins 'n kans teen die toenemende aangetrokkenheid waarteen hulle al twee verbete veg?
* Liefde uit die puin - Naretha Franken
Liefde in die noodeenheid.
Jong dokters Mia en Dolf word vir drie dae in 'n hysbak vasgevang ná 'n ontploffing.
Hulle leer mekaar in daardie put van vrees en pyn ken. Ná hul redding, neem Dolf se ouers hom Kanada toe. Mia herstel nog, toe sy uitvind sy is swanger. Toe hul paaie nege jaar later weer kruis, keer die herinneringe stadig na Mia terug.
Maar hoe vertel sy vir haar seuntjie dat sy pa leef?
En wat van Dolf wat nie eens weet hy is pa nie?
Nie eers haar eerste liefde, het so 'n uitwerking op haar gehad nie.
*Langpadliefde - Madelie Human
Bestem vir liefde.
Charl bestuur 'n groot vervoerbesigheid en sorg al jare vir sy drie jonger sibbe. Hy het nie tyd vir verhoudings nie, selfs nie vir Renise, sy jeugliefde nie. Tot hy haar een aand gestrand langs 'n gevaarlike pad met 'n stukkende motor vind.
Hy moet dringend 'n vrag gaan aflaai en neem haar, ter wille van haar veiligheid, saam met hom. Renise het 'n donker geheim wat niemand durf uitvind nie, veral nie Charl nie.
Sal hul liefde hierdie nuwe toets deurstaan?
Renise dra 'n donker geheim wat niemand durf uitvind nie, veral nie Charl nie.
Author Bets Smith
Author Nerina le Roux
Author Naretha Franken
Author Madelie Human
Author ROMANZA FEBRUARIE 2026
Share
