Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9789000041640 | Published: February 28, 2026 | Paperback

Maart 2026 Romanza Boekpak met Stoom

Maart 2026 Romanza Boekpak met Stoom

Author:Frida Z
Author:Stoom
Regular price R 550
Regular price Sale price R 550
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

*Wild klop die liefde - Frida Z
Dr. Emma Retief, 'n wildsveearts, moet haarself in 'n manswêreld bewys. Sy koop 'n praktyk in haar tuisdorp, maar is nie voorbereid op die aantrekkingskrag tussen haar en haar buurman, Regardt, nie.
Regardt het 'n reputasie as rokjagter, daarom bepaal hy hom nou by sy plaas en sy werk om wildstropers te stop. Hy glo hy kan dit beter as Emma doen en hulle stamp koppe. Emma begin ook twyfel aan Regardt se integriteit te midde van die wildsmokkelary.
Gaan hulle die afstand tussen hulle kan oorbrug?

*Skattejag en skadukante - Malene Breytenbach
Sal die liefde uiteindelik ten spyte van alles oorwin?
Elara Steyn, 'n navorser aan Stellenbosch Universiteit, besoek Kaap Nyala waar die marine-argeoloog Rowan Carter se duikspan die skeepswrak Eclipse verken. Die span hoop om die kroon van Almani in die wrak te vind.
Elara en Rowan voel aangetrokke tot mekaar, maar albei het bagasie. Die soektog verloop ook nie sonder probleme nie. Smokkelaars soek die kroon vir 'n ryk versamelaar en daar is 'n verraaier in Rowan se span.
Al die drama vertroebel die water vir Rowan en Elara. Sal die liefde oorwin?

*Net ek - Zinèt Oosthuizen
Hoe lank kan sy veg teen haar hart?
Daar is niks wat Leola so ontstel soos bedrog nie, en as dit nie was dat Wian haar vooraf van haar voete af geswiep het nie, sou sy hom baie moeiliker vergewe het toe hy haar werk as veearts in Bloubosch kom oorneem.
Toe Wian se erfhuis in 'n bosbrand vernietig word, nooi Leola hom om tydelik by haar in te trek.
Gou besef sy die “saamblyery” is glad nie goed vir haar siel, verstand of hart nie.

*`n Soen op sy tyd - Frenette van Wyk
Hul het geen verweer teen die vuur wat in hul harte band.
Catryn wil nie met 'n ryk wynboer trou nie. Sy wil eerder haar eie kleremaakbesigheid aan die Kaap de Goede Hoop begin.
Claude kom Kaap toe om die hart van sy eertydse minnares, die goewerneur se vrou, terug te wen. Toe hy en Catryn saam die goewerneur se vrou se gesteelde pêrelhalssnoer moet opspoor, spat die vonke.
Die verhouding tussen hulle raak al warmer, en skandale dreig. Sal hulle die vuurproef deurstaan?

*Voëls van enerse vere - René van Zyl
Een onverwagse oomblik kan haar weer in liefde laat glo.
Niekie Rabie is haar moeilike aktrise-suster, Irene, se oorwerkte assistent en val al jare lank vir Irene se miserabele akteur-ekse. Ná haar laaste traumatiese verhouding sweer sy alle mans af.
Toe die aksieheld Ruhan Arendse op die filmstel verskyn, bly Niekie ver uit sy pad, want Irene het die man vir haarself opgeëis. Ruhan laat hom egter nie voorskryf nie en sien Niekie raak in die skadu van haar suster, en ontdek haar talent.
Maar wat is sy motiewe?

View full details