Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9789000041657 | Published: February 5, 2026 | Paperback

Rooi Harlekyn Reeks

Rooi Harlekyn Reeks

Regular price R 540
Regular price R 600 Sale price R 540
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Hartslag is die eerste vervolg boek in die Rooi Harlekyn reeks ...
Emma vlug uit die stad en terug na haar tuisdorp - vasbeslote om 'n nuwe lewe te begin. Sy loop onverwags haar hoërskool-flirt, Caleb Retief, raak. Haar hart mis 'n slag en die vonke spat behoorlik. Terwyl romanse blom, begin 'n donker skadu oor haar val. Haar anonieme bekruiper sal ver gaan om hulle “spesiale band” af te dwing.
Caleb sal enigiets doen om Emma te beskerm, maar hy dra swaar aan die verlede. Sy hart behoort reeds aan haar, maar hy sukkel om werklik te vertrou. Sal hulle liefde die wreedheid van die wêreld oorleef? Kan die liefde werklik bo alles seëvier? ...

Poppemeester vervolg op Hartslag ...
Wat as rugby en liefde een en dieselfde is? Manipulerende, strategiese denke, planne presies uiteengesit om ten einde 'n goed bedinkte doel te bereik: om elke speler moeg, uitgeteer en 'n bietjie stukkend te los. Dit is presies hoe Carmi Harmse na haar eerste liefdesteleurstelling voel. En boonop is haar ekskêrel steeds besig om haar snare te trek. Om alles te vererger is daar 'n nuwe reeksmoordenaar op Hartbeespoortdam.
Dis nie lank voordat Carmi en haar vriende hulself reg in die middel van 'n wrede raaisel bevind nie. Touch, pause, engage. Wie op aarde is die ware poppemeester in hierdie spel?

Verval vervolg op Poppemeester ...
Hoe oorleef 'n ma die ondenkbare verlies van haar kind? Wanneer Paula du Plessis se dogter, Odette, verdrink, wil sy aanvanklik glo dit was 'n tragiese ongeluk. Maar die waarheid begin stadig onder die oppervlak broei: Odette was swanger. Haar kêrel neem sy eie lewe. En iets aan hul dood voel... verkeerd.
Meer as 'n dekade later kom nuwe inligting na vore wat Paula se wêreld laat verbrokkel. Terselfdertyd is die duiwel in Pretoria los. Wrede moorde ruk die stad - jong dogtertjies word gevind soos poppe, agtergelaat met presisie en donker verbeelding. Die media noem hom die Marionettemaker. Is daar 'n verband tussen Odette se dood en die nuwe golf van geweld? Hoe lyk die monster wat hierdie dade kan pleeg? Wat doen 'n mens wanneer geregtigheid nie meer moontlik is nie?

Kaalvuis vervolg op Verval

“Jy kan nie alles met jou vuiste reg donner nie!”

Kaalvuis volg Roux Steyn van Sel ses, en die Huisgenoot-kortverhale (Die eerste moord, Tou, Doodskoot) wat ná jare agter tralies vrygelaat word en as onwaarskynlike misdaadkonsultant in die samelewing beland. Wanneer kinders vermis raak en die gereg faal, word Roux se gewelddadige verlede en sy eie morele grense weer op die proef gestel.
Kaalvuis is 'n donker, spanningsvolle verhaal oor wraak, geregtigheid en die dun lyn tussen mens en monster.

Kaalvuis is ook Roux Steyn se slotverhaal.

View full details