ISBN: 9789000041671 | Published: March 26, 2026 | Paperback
April 2026 Romanza Boekpak
April 2026 Romanza Boekpak
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
* Hoe lank is vir altyd? - Dina Botha
Net presies hoe lank is vir altyd?
Toe Krista haar hart op Andreas begin verloor is die soektog na 'n vrou vir hom glad nie meer so opwindend nie. Sy wil daardie vrou wees.
Belladonna, Krista Joubert se dating-agentskap, moet so gou moontlik vir Andreas Meyer 'n vrou vind. Hy moet binne ses weke trou, of hy verbeur 'n groot erfporsie.
Toe Krista nie betyds iemand kan vind nie, bied sy self aan om 'n ring aan sy vinger te steek. Andreas maak dit duidelik: Hy glo nie juis in die liefde nie.
Die hart weet egter wat die hart wil hê, en Krista moet uiteindelik vra: Hoe lank is Andreas se “vir altyd”?
*`n Skuilplek vir Sofie - Elsa Winckler
Haar lang, slanke bene spook by hom ...
Wanneer hulle gedwing word om saam in 'n veilige woonstel te bly en kamma verloof is, verander dinge vinnig.
Sofie Olivier hou van haar werk as sekuriteitsbeampte en het nie tyd vir romanse nie. Toe sy saam met kolonel Jordaan Wessels van die polisie moet werk, vryf hy haar dadelik verkeerd op. Hy is arrogant, 'n beheervraat en skynbaar 'n rokjagter.
Trou is nie deel van Jordaan se toekomsplanne nie, maar Sofie se groen oë vang hom elke keer. Toe hy en Sofie in 'n veilige woonstel moet bly en voorgee hulle is verloof, verander sake.
Is dit net die vreemde omstandighede, of iets meer?
*`n Laaste Noodvlug - Jaco Versfeld
Haar prins, die helikoptervlieënier.
Melanie se modelloopbaan lê aan skerwe nadat sy haar enkels tydens 'n fotosessie breek. Ben, die helikoptervlieënier wat die noodvlug beman waarmee sy uit die klowe gevlieg word, dring haar lewe - en haar hart - binne terwyl sy herstel.
Nie net moet sy drastiese loopbaanbesluite neem nie, maar sy moet haar biologiese pa ná twintig jaar weer in haar lewe toelaat. Sy moet uitvind dat haar ma nie altyd die waarheid oor hom gepraat het nie.
Kan Melanie op die dodelik aantreklike Ben vertrou in 'n moeilike tyd, of het hy verskuilde motiewe?
“Ja. Ja. Ja. 'n Duisend maal ja.”
Sy trek hom aan sy hand op.
“Staan op, jou verspotte, voorbarige, dierbare, simpele mansmens, en soen my.”
*Raaiselman - Salma Swanepoel
Dit is nou of nooit.
Hoekom kom Roux keer op keer terug na Alana se salon?
Alana Rothman se lewe verander toe Roux op die masseertafel in haar skoonheidsalon beland. Die volgende week daag hy weer op vir 'n ander behandeling. Gou besef Alana sy is verlief op hom.
Toe dit egter duidelik word dat iemand die salon saboteer, verdink Alana heel eerste vir Roux. Die eerste insident het immers plaasgevind op die dag van sy eerste behandeling, en hy is nie 'n tipiese kliënt nie.
Wat steek hy weg? En is hy werklik die saboteur?
Author Dina Botha
Author Elsa Winckler
Author Jaco Versfeld
Author Salma Swanepoel
Author ROMANZA APRIL 2026
Share
