ISBN: 9789000041701 | Published: May 26, 2026 | Paperback
Junie 2026 Romanza Boekpak
Junie 2026 Romanza Boekpak
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
*Liefdesdroom - Bets Smith.
Blindweg verlief.
Ná 'n onaangename insident by die werk, bedank Ané. Op 'n toeoogafspraak ontmoet sy vir Reinhard. Toe hy hoor sy is werkloos, bied hy haar 'n navorsingspos aan wat sy aanvaar omdat sy empatie en begrip haar oorrompel. Ondanks hul verskille, voel sy aangetrokke tot hom.
Hy glo egter sy beperkings staan in die pad van 'n ernstige verhouding. Nie eens 'n tandemfietsrit, 'n besoek aan sy geboorteplaas of 'n romantiese aand kan hom oortuig nie.
Sal 'n lewensgevaarlike insident sy skanse platvee?
*Serenade vir die hart - Corné van Rooyen.
Kan die soet klanke van 'n serenade twee harte as een laat klop?
Rinelda is gelukkig tussen haar verfkwaste en verf en haar nuutste muurskildery maak haar opgewonde. Maar net toe sy dink haar lewe kry koers, verskyn 'n skim uit die verlede.
Sewe jaar gelede het Ewald 'n nota op haar kussing gelos en verdwyn. Nou is hy terug en vasbeslote om haar terug te wen. Sy probeer hom vermy, maar hulle werk saam op boupersele. Hoe meer sy veg teen die aantrekkingskrag, hoe sterker word dit.
Gaan 'n misverstand hulle brose serenade vernietig?
*Kortpadliefde - Madelie Human.
Hulle liefde kom al 'n langpad.
Lani rebelleer teen haar ouers wat haar 'n konsertpianis wil maak en gebruik haar musiektalent om popmusiekliedjies te skryf. Sy werk as kelnerin en trek rond om haar ouers te ontduik.
Elliot leef rustig en georden totdat hy Lani, 'n ryloper met 'n ghitaar, oplaai. Sy is die teenoorgestelde van sy ideale vrou, maar maak iets in hom wakker. Hy glo nie aan liefde met die eerste oogopslag nie, maar sy hart vat kortpad.
Gaan hy sy hart se wens kan weerstaan?
*Sigeunerliefde - René van Zyl.
Hy verstaan haar sigeunerhart.
Nadat Karmen 'n vliegtuigongeluk in Spanje oorleef waarin haar ouers sterf, blameer haar ouma haar. Ná matriek vlug Karmen na Europa en leef soos 'n sigeuner sonder wortels.
Dertien jaar later dwing haar ouma haar terug na Barcelona, sodat Karmen met 'n ryk losbol moet trou. Dwalend in Barcelona se strate, ontmoet Karmen vir Marco, 'n straatmusikant wat haar liefde vir musiek en die lewe laat herleef.
Maar sy sal haar verlede en skuldgevoelens moet konfronteer as sy weer geluk wil vind.
Author Bets Smith
Author Corné van Rooyen
Author Madelie Human
Author René van Zyl
Author ROMANZA JUNIE 2026
Share
