Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9789000041732 | Published: May 15, 2022 | Paperback

Poort 2022

Poort 2022

Author:Poort
Author:SAAWK
Regular price R 120
Regular price Sale price R 120
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

#Die Letterkundekommisie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns maak jaarliks 'n aanbeveling ten opsigte van die wenners van 'n hele klomp letterkundepryse (insluitende die Poort- kompetisie) aan die Raad van die Akademie. Tans bestryk die letterkundepryse byna die hele literêre spektrum: van kinder- en jeugliteratuur, niefiksie, volwasse literatuur tot by literatuurwetenskap en literêre kritiek.
Die Poort-kompetisie is reeds in 1970 deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ingestel. Die doel daarvan was om senior hoërskoolleerders aan te moedig om skeppende werk (veral poësie en prosa) in Afrikaans te skryf. Dit was duidelik 'n goeie belegging, omdat baie van die prys- wenners later self gerekende skrywers geraak het. Só was een van die persone wie se werk in die eerste Poort verskyn het, Antjie Krog, meerdere kere wenner van die Hertzogprys vir poësie. Vir jare reeds trek die kompetisie inskrywings van skole reg oor Suid-Afrika en selfs in die buiteland (een van die wenners is vanjaar van Namibië!); toenemend van leerders wat nie Afrikaans as huistaal het nie. Van hulle begin ook reëlmatig pryse verower.
Die beoordelaars was vanjaar soos gebruiklik kundige vakmense: die poësie is beoordeel deur prof. Hein Viljoen en dr. Ilse de Korte (beide van die Noordwes-Universiteit), terwyl die prosa beoordeel is deur prof. Thys Human (ook van NWU) en me. Lenelle Foster (Universiteit Stellenbosch). Vanjaar se wenners, Mikayla Pretorius (Windhoek High School, Namibië), met haar gedig, 'Die diagram van die hart' en J.D. Carr (Hoërskool Upington) met sy kortverhaal, 'Wabi sabi' het die keurders beïndruk met die besondere kwaliteit, kreatiwiteit én tegniese vermoëns.
Die Hertzogprys lê vir alle pryswenners dalk nog in die verskiet, maar in baie gevalle is publikasie van gedigte of prosa in die nabye toekoms 'n waarskynlikheid. Daarom word hierdie prys ook gesien as 'n baie goeie belegging met die opbrengs wat dit inhou, naamlik 'n toekomstige bydrae tot die Afrikaanse letterkunde.
Uit 'n opname van die jaarlikse wenners blyk duidelik dat bepaalde skole gereeld wenners oplewer. Dit is meestal te danke aan knap, en veral passievolle onderwysers. My hartlike dank aan hulle almal wat Afrikaans laat leef. Ook 'n hartlike dankwoord aan die kundige beoordelaars en aan almal by die Akademiekantoor wat die enorme organisasie met groot bekwaamheid behartig het te midde van talle ander verpligtings en in 'n abnormale tyd weens die Covid-pandemie.
Die Akademie het 'n kompetisie onder hoërskoolleerders gehou om 'n wenner van die nuwe baadjie vir Poort aan te wys. U sien die resultaat hier en ek hoop u vind die ontwerp van Janke Labuschagne (van die Hoërskool Reitz), nes ek besonder treffend.
Mag hierdie kompetisie bly groei.'
PROF. H.P. VAN COLLER
Voorsitter van die Letterkundekommissie

Author Poort

Author SAAWK

View full details