Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9789000041763 | Published: July 28, 2026 | Paperback

Augustus 2026 Romanza Boekpak

Augustus 2026 Romanza Boekpak

Estimated Shipping Widget will be displayed here!

Author:El Bester
Regular price R 352
Regular price R 440 Sale price R 352
Out of print
VAT included.

*Belowe my - El Bester
Sonia is mal oor haar werk as vlugparamedikus. Maar sy moet noodvlugte in gevaarlike omstandighede uitvoer en sukkel om die regte man te ontmoet. Tydens ’n donderstorm in die Drakensberge word sy gestrand saam met Adriaan Reuters,

’n aantreklike besigheidsman. Hul wêrelde verskil hemelsbreed, tog eindig hulle in mekaar se arms op. Sonia probeer die voorval afmaak as ’n sameloop van omstandighede, maar sy kan Adriaan nie vergeet nie. Dan kom sien hy haar met ’n versoek wat sy nie kan weerstaan nie.

*Die anderste meisie - Magda Schmidt
Petra en Wouter bots toe hulle mekaar die eerste keer ontmoet. Wouter glo die “lyflike aspekte” is die belangrikste element in ’n verhouding. Petra verskil en opper die eienskappe wat “vir enige intelligente vrou” veel sterker weeg: volwassenheid, betroubaarheid en geesgenootskap. Teen sy sin boei Petra se lys vir Wouter en hy nooi haar saam Magaliesberge toe. Hy besef gou hy is dolverlief op dié anderste meisie. Petra begin self lief raak vir die selferkende rokjagter. Maar sal sy hom ooit volkome kan vertrou?

*Kastele en kerse - Zinèt Oosthuizen
Sal hul liefde die lewe se uitdagings oorwin?
Chloe Basson is bang vir rillers en spoke. Nou moet sy die bekroonde skrywer Zack Basson by 'n verlate kasteel op Lesotho se grens ontmoet. Alles loop skeef: Haar motor breek, 'n sneeustorm keer haar vas, en die kasteel se kragtoevoer word afgesny.
Te midde van hierdie probleme, skep Zack se sjarme, 'n romantiese kaggel, en vurige woordespel die perfekte atmosfeer vir romanse ... totdat 'n ysige wind die vlam in haar hart blus.

*Wanneer jy sing - Louise van der Merwe
Isobel Raadt se suiwer stem laat mense stom. Ná ’n traumatiese gebeurtenis en ’n onverwagte swangerskap, kies sy nie bitterheid nie, maar liefde en hoop – selfs al moet sy haar baba weggee sodat dié ’n beter lewe sal hê.

Dis Isobel se stem wat die musiekvervaardiger Markus Meyer eerste bekoor, maar haar situasie verwar hom. Terwyl hy sukkel om sin te maak van pyn en geloof, is dit juis Isobel se stil deursettingsvermoë wat hom leer dat God steeds goed is.

View full details