ISBN: 9789000041787 | Published: October 1, 2026 | Paperback
Oktober 2026 Romanza Boekpak
Oktober 2026 Romanza Boekpak
Estimated Shipping Widget will be displayed here!
Couldn't load pickup availability
Klopdans van die hart - René van Zyl
Caitlin Fitzgerald is ’n dromer, leser en ewige student. Haar lewe neem egter ’n onbeplande draai toe sy weke ná ’n gesellige aand saam met ’n vreemdeling, Aiden Kennedy, besef dat sy swanger is.
Caitlin se snobistiese en liefdelose ma dwing die twee om na ’n wegbreek vir paartjies in Ierland te gaan in die hoop dat hulle sal trou.
Caitlin en Aiden is bang om hul ouers se foute te herhaal. Maar Ierland se romantiese landskap oefen sy eie invloed uit.
As jy aan eendag glo - Alta Steyn
As kinders het Corinne en Strydom ewige trou aan mekaar belowe. Voor hy universiteit toe is, het sy haar liefde vir hom erken, maar hy het haar gevra om eers skool klaar te maak.
Toe Strydom vyf jaar later stil raak, besluit Corinne om in Australië te gaan studeer. Tot sy hoor Strydom wil haar ouers se huis sloop vir sy gasteplaas.
Corinne keer terug om Strydom te konfronteer. Maar sy is nie voorbereid op die gevoelens wat weer in haar opvlam nie.
Hoe lank is nooit? - Dina Botha
Yana se wêreld verander in ’n oogwink. Belladonna, die Joubert susters se dating agentskap word deel van ’n realiteitsprogram. Toe sy haar oë uitvee is sy nie net die webontwerper nie, maar moet sy ook die rol van ’n programaanbieder vervul.
Simon Henderson, die bestuurshoof van die program, stel dadelik in haar belang, maar sy maak dit duidelik: Sy gaan nooit weer trou nie.
Simon laat hom egter nie maklik afskrik nie. Nou moet Yana besluit of sy haar slegte huwelik kan vergeet en ’n tweede kans gaan waag op die liefde.
Veral jy - Elsa Winckler
Martine is ’n kleuterskoolonderwyser met drome om die skool waar sy werk self te koop. Die laaste persoon wat sy verwag wanneer sy by die prokureurskantoor instap met ’n aanbod, is die strooijonker in wie se bed sy by haar suster se troue wakker geword het. Sy kan nie eers die vent se naam onthou nie.
Na sy ouers se dood het Antonie se tannie het hom teësinnig grootgemaak. Hy weet nie hoe verhoudings werk nie, maar hy hou van wie hy word wanneer hy by Martine is.
Is liefde vir mense soos hulle beskore?
Author René van Zyl
Author Alta Steyn
Author Dina Botha
Author Elsa Winckler
Author ROMANZA OKTOBER 2026
Share
