Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9789000041794 | Published: September 1, 2026 | Paperback

September 2026 Romanza Boekpak

September 2026 Romanza Boekpak

Estimated Shipping Widget will be displayed here!

Regular price R 374
Regular price R 440 Sale price R 374
Out of print
VAT included.

Soet rose, donker geheime - Franette van Wyk 

Joernalis Gemma besoek die plaas Sangrose om ’n artikel oor ’n argeologiese vonds te skryf. Julien, die eienaar van Sangrose, se vrou het die vonds gevind en kort daarna haar lewe geneem.
Julien blameer homself vir haar dood en wil haar nagedagtenis onaangeraak bewaar. Tussen rose en dorings stamp Gemma en Julien koppe.
Hulle sal saam die waarheid in die oë moet kyk en verwerk, want net dan sal hulle weer vry en heel kan word – ook om ware liefde te kan aanvaar.

Ompadliefde - Madelie Human 

Alex kraai al lank koning by die jaarlikse kompetisie vir swaarvoertuigbestuurders. Hy kan ’n vragmotor toe oë parkeer.
Hierdie jaar sit ’n petite blondine egter vir hom ore aan.
Stella Kleynhans gaan haar pa se vervoerbesigheid erf en is vasberade om haarself by die jaarlikse kompetisie te bewys. Maar Alex de Koker daag haar elke keer uit om moeiliker draaie met ’n vragmotor uit te voer.
Maar wat haar die meeste ontstel, is die toertjies wat haar hart uithaal wanneer hy naby haar kom!

Vrou te koop - Magdaleen Walters 

Amelia Benson moet haar trots sluk toe haar skatryk verloofde haar op die markplein te koop aanbied. Sy het ’n keuse: keer terug na haar liefdelose stieffamilie en ruggraatlose pa of trou met Benjamin Roberts, die arbeider vir wie sy reeds snedig nee gesê het oor sy nederige agtergrond.
Nou is sy in Benjamin se ouerhuis weereens ’n buitestander – ’n bederfde rykmansdogter.
Nou moet sy ’n nuwe pad vind as sy Benjamin wil wys dat sy nie net ’n bedorwe brokkie is nie. 

My bestemde beminde - Beatrix Smith 

Toe Lilihanna se kêrel haar in die openbaar afsê, maak Sebastian haar ’n aanbod: As sy as model sal optree in ’n advertensie vir sy spa , kry sy ’n gratis oormaaksessie en ’n week se pamperlang daarby.
Lilihanna stem in, en gou is sy en Sebastian smoorverlief. Die enigste vlieg in die salf is sy beeldskone assistent wat duidelik self ’n oog op Sebastian het.
Lilihanna moet besluit of sy gaan toelaat dat ’n misverstand hulle liefde kelder, en of sy vir hul geluk gaan veg.



Author:Madelie Human


View full details