ISBN: 9789000041800 | Published: September 1, 2026 | Paperback
September 2026 Romanza Boekpak met Stoom
September 2026 Romanza Boekpak met Stoom
Estimated Shipping Widget will be displayed here!
Couldn't load pickup availability
Om ’n hart te verower - Ciska Olivier
Lillian is desperaat om haar huwelik te red. Sy het die motorongeluk veroorsaak waarin haar man, Leon, geskend is, en hy vertrou haar nie meer nie. Het geheueverlies en is seker sy sal beter verstaan as sy net kan onthou.
Dat Leon haar darem nog begeer is ’n skrale troos, want wat is lyflike plesier wanneer daar soveel onenigheid tussen hulle heers?
Dan is daar ook Leon se rokjagter-broer wat die water kom vertroebel en twee mooi vroue wat vir Leon se aandag bie.
Soet rose, donker geheime - Franette van Wyk
Joernalis Gemma besoek die plaas Sangrose om ’n artikel oor ’n argeologiese vonds te skryf. Julien, die eienaar van Sangrose, se vrou het die vonds gevind en kort daarna haar lewe geneem.
Julien blameer homself vir haar dood en wil haar nagedagtenis onaangeraak bewaar. Tussen rose en dorings stamp Gemma en Julien koppe.
Hulle sal saam die waarheid in die oë moet kyk en verwerk, want net dan sal hulle weer vry en heel kan word – ook om ware liefde te kan aanvaar.
Ompadliefde - Madelie Human
Alex kraai al lank koning by die jaarlikse kompetisie vir swaarvoertuigbestuurders. Hy kan ’n vragmotor toe oë parkeer.
Hierdie jaar sit ’n petite blondine egter vir hom ore aan.
Stella Kleynhans gaan haar pa se vervoerbesigheid erf en is vasberade om haarself by die jaarlikse kompetisie te bewys. Maar Alex de Koker daag haar elke keer uit om moeiliker draaie met ’n vragmotor uit te voer.
Maar wat haar die meeste ontstel, is die toertjies wat haar hart uithaal wanneer hy naby haar kom!
Vrou te koop - Magdaleen Walters
Amelia Benson moet haar trots sluk toe haar skatryk verloofde haar op die markplein te koop aanbied. Sy het ’n keuse: keer terug na haar liefdelose stieffamilie en ruggraatlose pa of trou met Benjamin Roberts, die arbeider vir wie sy reeds snedig nee gesê het oor sy nederige agtergrond.
Nou is sy in Benjamin se ouerhuis weereens ’n buitestander – ’n bederfde rykmansdogter.
Nou moet sy ’n nuwe pad vind as sy Benjamin wil wys dat sy nie net ’n bedorwe brokkie is nie.
My bestemde beminde - Beatrix Smith
Toe Lilihanna se kêrel haar in die openbaar afsê, maak Sebastian haar ’n aanbod: As sy as model sal optree in ’n advertensie vir sy spa , kry sy ’n gratis oormaaksessie en ’n week se pamperlang daarby.
Lilihanna stem in, en gou is sy en Sebastian smoorverlief. Die enigste vlieg in die salf is sy beeldskone assistent wat duidelik self ’n oog op Sebastian het.
Lilihanna moet besluit of sy gaan toelaat dat ’n misverstand hulle liefde kelder, en of sy vir hul geluk gaan veg.
Share
