Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485316220 | Published: September 7, 2026 | Paperback

Boei: 'n Resensiebundel

Boei: 'n Resensiebundel

Estimated Shipping Widget will be displayed here!

Regular price R 350
Regular price Sale price R 350
Out of print
VAT included.

Jean Meiring benader die resensie nie as ’n vinnige oordeel of verbruikersgids nie, maar as ’n vorm van openbare denke.

Met ’n uitsonderlike kombinasie van intellektuele erns, stilistiese finesse en morele waaksaamheid lees hy boeke as gesprekke met die wêreld. Of dit nou fiksie of niefiksie, Afrikaanse of Engelse werk is, elke teks word gemeet aan wat dit oor ons beskawing onthul – en verswyg. Hy skryf sonder pedanterie, met humor waar nodig, en met ’n vaste oortuiging dat boeke saak maak – nie net as kunswerke nie, maar as morele en kulturele gebeure. In Boei word 85 boekresensies oor twee dekades heen saamgebind. Hierdie bundel toon die reikwydte van Meiring se kritiese stem: van biografieë en geskiedskrywing tot romans, poësie en politieke denke.

Boei is ’n pleidooi vir aandagtige lees in ’n tyd van vervlakking, en ’n bewys dat die goeie resensie self ’n literêre daad kan wees.

Author Jean Meiring

View full details