Skip to product information
1 of 5

ISBN: 9789000041879 | Published: November 30, 2026 | Paperback , Fiction

Desember 2026 Romanza Boekpak

Desember 2026 Romanza Boekpak

Estimated Shipping Widget will be displayed here!

Author:Dina Botha
Regular price R 374
Regular price R 440 Sale price R 374
Out of print
VAT included.

Onmoontlike liefde - Elsa Winckler

Soms moet jy na jou hart luister.

Toe Lynn, ’n professionele organiseerder, die kunstenaar Joubert Meyer se huis moet regruk, begin sy aan haar vermoëns twyfel. En nie net oor sy deurmekaar huis nie. Hulle is teenoorgesteldes, maar sy is onmoontlik verlief op hom. Joubert weet sy ma het Lynn aangestel omdat sy vir hom ’n vrou soek. Hy het gedink hy stel nie belang nie, maar nou is Lynn skielik al onderwerp wat hy wil skilder. Hy oortuig haar hulle moet tyd saam spandeer, seker dit sal die vonk tussen hulle uitdoof.

Toe Joubert Meyer se ma reël dat iemand sy huis regruk, is hy oortuig sy probeer weer vir hom ’n vrou soek – baie beslis nié deel van sy toekomsplanne nie.

 

Vlug van liefde - Santi Neven

Soms moet mens net vertrou en op ’n vlug van liefde gaan.

Evelyn, ’n passievolle valkenier, se voorspelbare lewe verander toe sy die sesjarige Liam leer ken wat elke dag na haar vertonings kyk. ’n Kitshuwelik met Liam se voog, Simon Beyers, sou baie probleme kon oplos. Daar is egter nog iemand wat reeds sy hart op Evelyn verloor het. Jare gelede al. Haar mentor, Claud. Hulle deel nie net hulle beroep nie, maar ook ’n donker geheim uit die verlede. Soms moet mens net vertrou en op ’n vlug van liefde gaan.

’n Huwelik met Simon kan vir Evelyn en Liam ’n nuwe begin wees, maar Claud is nie gereed om haar liefde prys te gee nie.

 

Kersfeessprokie - René van Zyl

’n Casanova vir Kersfees.

Toe Kirstie se ideale trouman haar laat weet hy gaan met ’n ander vrou afhaak, besluit sy om hom terug te wen. Boonop wil hy op Oukersaand trou, die dag waarop Kirstie aan hóm ’n huweliksaanbod wou maak. Gelukkig wil die bruid se eks, Jarrod, háár ook terughê. Kirstie en Jarrod besluit om voor te gee dat hulle verlief raak om die bruidspaar jaloers te maak. Maar Jarrod is ’n regte Casanova en hy maak onverwagte gevoelens in Kirstie wakker.

Maar hoekom maak dié Casanova nou erotiese gevoelens in Kirstie wakker?

 

Tyd om haar vlerke te sprei - Dina Botha

’n Nuwe toekoms vir Dané.

Dané sukkel om die nes te verlaat, maar haar ma se geduld raak min. Sy vra haar prokureur Jandré om Dané te help om haar eie blyplek te kry. Dané en Jandré stamp aanvanklik koppe, maar kom uiteindelik ooreen dat sy vir oulaas Kersfees in haar ouerhuis sal deurbring. Daarna kan haar lewe maar ’n nuwe rigting inslaan. Intussen help Jandré haar om solank huis te soek.

Hul tyd saam leer Dané om beheer van haar lewe te neem, maar dit bring hulle ook nader aan mekaar. 

Dané is huiwerig om haar vlerke te sprei, maar met ’n bietjie aansporing en die regte man aan haar sy is dit dalk makliker as wat sy dink.

Author Elsa Winckler

Author Santi Neven

Author René van Zyl

Author Dina Botha

Author ROMANZA DESEMBER 2026

View full details