ISBN: 9781997476801 | Published: February 26, 2027 | Paperback , Fiction
Die windvanger
Die windvanger
Estimated Shipping Widget will be displayed here!
Couldn't load pickup availability
Die wind waai waar hy wil. Waar hy vandaan kom en waarheen hy gaan, weet niemand nie. So het dit begin. Nie as verklaring nie, maar as waarskuwing dat daar dinge is wat sonder toestemming beweeg en werk; en wat gebeur sonder rede. In hierdie vertelling loop die wind sy eie pad — oor water, oor land, deur glas, deur lyf. Oral waar dit gaan, wys dit hoe naby aan die rand alles in die lewe is.
Dit was die wind wat die glas voor die skildery laat breek het. Sonder dat iemand die skreeu kon hoor, het ’n enkele druppel bloed sy plek by ’n oop mond gevind. Dit was die wind wat die storm gebring het om die eiland sigbaar te maak en dit was die wind wat die stilte verdiep het op die plek waar klippe dinge onthou wat mense nie wou of kon sê nie. Die wind veroorsaak niks, veroordeel niks; ontbloot net.
Die stories van drie karakters kom op ’n vreemde manier by mekaar uit. Die besluit om na die mitiese eiland Pathos te vaar, het nie in ’n oomblik gebeur nie; dit was nie ’n plan nie, maar as die samevloeiing van drie lewens wat elkeen ’n diep skeur gehad het.
Author Stefanus S. Vivier
Share
