Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781048321395 | Published: October 1, 2026 | Paperback , Fiction

Metamorfose

Metamorfose

Estimated Shipping Widget will be displayed here!

Regular price R 280
Regular price Sale price R 280
Out of print
VAT included.

Julia het ʼn middelmatige, middeljarige bestaan as optometris in ʼn onuitsonderlike dorp, maar is nietemin dankbaar vir drie seëninge: haar oë, haar hande en haar onafhanklikheid.

Dan word haar lewe ontspoor deur ʼn ernstige besering. Haar betrokkenheid by die beplanning van ʼn sensoriese tuin, haar kunstenaarbroer se nimmereindigende nuwe idees en die plantkundige met wie sy aanhou paaie kruis, help alles in ʼn proses van transformasie waarvan die uitkoms vreemder is as wat sy ooit sou droom. Deur besinnings oor sensasie en persepsie, oor werklikheid en fantasie, oor skending en heling ondersoek die roman die mens se bestaan in ʼn komplekse wêreld waar die grense tussen wesens wasig word.

Author Ilse van Staden

View full details