Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781997476658 | Published: October 8, 2026 | Paperback , Fiction

‘n Handvol Verlies

‘n Handvol Verlies

Estimated Shipping Widget will be displayed here!

Regular price R 250
Regular price Sale price R 250
Out of print
VAT included.

Kanker kies sy slagoffers ongeag aansien of kennis. Selfs my mediese agtergrond kon my dit nie laat vryspring nie.
Ek het almal aangeraai om gereeld vir ʼn jaarlikse mammogram te gaan; daadwerklik ’n voorbeeld gestel en getrou vir my eie gegaan. Tog is my borskanker aanvanklik gemis en was reeds in ʼn gevorderde stadium toe die diagnose uiteindelik gemaak is. Ek was agt-en-veertig, ʼn voltydse narkotiseur en enkelma met kinders nog op laerskool.
Die onkoloog het nie doekies omgedraai nie en my duidelik laat verstaan dat my kans om vyf jaar te oorleef aan die skraal kant is. Indien chemoterapie en bestraling onsuksesvol sou wees, sou palliatiewe sorg waarskynlik my voorland wees.
Dis amper twintig jaar later. Ver verwyderd van my siekte se begindae toe ek boekwinkel na boekwinkel deurkruis het op soek na ʼn soort reddingsboei – leesstof deur iemand in dieselfde bootjie. Al wat ek destyds kon vind, was boeke met raad vir gesonde diëte en leefstylveranderinge om kanker te voorkom.
’n Handvol Verlies is dáárdie boek. Nie net vir borskankerlyers nie, maar ook vir dié na aan hulle. Met afwisselende humor en erns, word die lewe met borskanker beskryf deur iemand wat weet hoe dit voel om daarmee saam te leef.

Author Ina Vorster

View full details