ISBN: 9789000041848 | Published: November 2, 2026 | Paperback
November 2026 Romanza Boekpak met Stoom
November 2026 Romanza Boekpak met Stoom
Estimated Shipping Widget will be displayed here!
Couldn't load pickup availability
*Soekie van Rooibos - Jaco Versfeld #STOOM
Soekie probeer uitvind waar die konstruksiemafia aan ’n kliënt se inligting gekom het. Lukas, ’n stads- en streeksbeplanner, stel in Soekie belang, maar gaan binnekort emigreer. Hy waarsku Soekie om haar ondersoek te laat vaar.
Toe gevaar dreig, besluit Lukas om Soekie te help, sodat hy haar kan beskerm. Soekie hou nie daarvan dat Lukas sterre in sy oë het wanneer hy na haar kyk nie, maar sy kennis van die bedryf is belangrik vir haar saak.
Sal sy besef dat sy Lukas liefhet vóór hy op die vliegtuig Australië toe klim?
*Tolpadliefde - Madelie Human
Elouise se broers skep graag struikelblokke om haar liefdeslewe te stuit. Toe sy die dag ’n man ontmoet wat hulle beslis nie sal goedkeur nie, besluit sy om so gou moontlik met hom te trou. Sy is moeg vir haar broers se “tolhekke” op haar lewenspad.
Jac, ’n motorfietsrenjaer en -handelaar, wil eers Elouise se hart wen en haar broers se goedkeuring kry.
Die broers hou dadelik van Jac, maar besluit om hul kleinsus eers goed te laat sweet voor hulle dit erken.
'n Doodgewone paartjie - Marilé Cloete
Ná ’n toksiese verhouding vertrek Helene Lochner Australië toe om oor te begin. Sy kry werk op ’n skaapplaas en ontmoet vir Theo Oosthuizen wat vir haar tydelik blyplek gee.Daar is vonke tussen hulle, maar die tyd is nie reg vir iets meer nie. Theo probeer haar vergeet en trek terug Suid-Afrika toe om op sy familieplaas in die Roggeveld te fokus.
Wanneer Helene se vriendinne ’n dubbele troue in Suid-Afrika reël, kan sy nie nee sê nie. Maar Theo is ook ’n gas en hy en Helene herleef ou gevoelens. Kan hulle die moed vind om liefde ’n tweede kans te gee?
*Trixi en die takhaar - Bets Smith
Gewoonlik kan Trixmari haar ouma Bea se kandidate vir haar trouman maklik afskud, maar motorfietsryer Schalk Pretorius treiter en vlei haar om die beurt tot sy glad nie weet waar sy met hom staan nie.
Trixmari vind uit dat ’n klomp van haar fisioterapiepasiënte in haar ouma se aftreeoord geteiken is deur ’n bedrieglike belegger.
Sy besluit om self ondersoek in te stel, ten spyte van Schalk se waarskuwings. Voor sy kan keer, is sy in ’n gevaarlike situasie waaruit sy haar nie maklik kan lospraat nie.
*’n Eerbare man - Beatrix Smith
Die de Vries-vroue se geskiedenis het Georgette een ding geleer: ’n eerbare man bestaan nie. Daarom sluit haar sorgvuldig beplande toekoms nie ’n man in nie.
Totdat fotograaf Leo Drake by de Vries Eiendomme instap. Met sy rebelse houding en voorkoms, skep hy wanorde in haar perfekte wêreld – én in haar hart – soveel so dat sy haar standpunt oor huwelike moet heroorweeg.
Die enigste probleem is, Leo glo nie in trou nie, terwyl ’n trouring vir haar ononderhandelbaar is. Sal hul liefde sterk genoeg wees vir ’n sprokieseinde?
Author Jaco Versfeld
Author Madelie Human
Author Marilé Cloete
Author Bets Smith
Author Beatrix Smith
Author ROMANZA NOVEMBER 2026
Author STOOM
Share
