ISBN: 9781779881489 | Published: February 1, 2027 | Paperback , Fiction
Soektog
Soektog
Estimated Shipping Widget will be displayed here!
Couldn't load pickup availability
Hoe ver sal jy reis om die waarheid oor jou verlede te ontdek?
Leora van Wyk se wêreld word omvergewerp wanneer haar ma ’n familiegeheim onthul wat alles verander wat sy oor haar herkoms geglo het. Vasbeslote om antwoorde te vind, reis sy na Jerusalem om die spoor van ’n onbekende oupa te volg. Wat as ’n persoonlike soektog begin, neem haar diep die geskiedenis van die Tweede Wêreldoorlog, die ingewikkelde verhoudings tussen geloofsgemeenskappe en die Geheime van die Midde-Ooste binne. Tussen die antieke strate van Jerusalem, historiese argiewe en argeologiese opgrawings ontmoet sy mense wat haar help om die verlede te ontrafel, maar ook ander wat verkies dat sekere waarhede verborge bly.
Terwyl leidrade saamvleg, ontdek Leora dat sommige geskiedenisse nie net families raak nie, maar ook oortuigings, tradisies en gevestigde idees uitdaag. Hoe nader sy aan die waarheid kom, hoe groter word die weerstand daarteen. ’n Boeiende roman oor identiteit, geloof, liefde, familieerfenis en die moed om antwoorde te soek waar min mense dit sou waag.
Author Malene Breytenbach
Share
