Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781997476610 | Published: September 1, 2026 | Paperback

Van heerskap na gemeenskap

Van heerskap na gemeenskap

Estimated Shipping Widget will be displayed here!

Regular price R 325
Regular price Sale price R 325
Out of print
VAT included.

As omgewingsjoernalis lees ek hierdie boek as ’n dringende bydrae tot ons tyd se ekologiese krisis. Die mens het hierdie krisis meegebring en leef nou met die gevolge: smeltende gletsers, uiterste weer, uitsterwende spesies en toenemende menselyding.

Wat staan ons te doen? 

Van heerskap na gemeenskap is nie ’n akademiese handboek nie, maar ’n toeganklike boek vir gewone lesers wat nie langer bloot toeskouers wil wees nie. Dit help ons om die krisis beter te verstaan en verantwoordelik te reageer. In helder Afrikaans bied Johan Buitendag ’n oortuigende visie: die aarde behoort nie aan ons nie; ons behoort aan die aarde – en aan God in wie ons leef, beweeg en bestaan. Die krag van die boek lê in sy oproep tot ’n nuwe paradigma: nie heerskap nie, maar gemeenskap – ’n lewe van verbondenheid binne ’n brose wêreld. – Elise Tempelhoff Van heerskap na gemeenskap is ’n deurleefde teologiese rekenskap van dekades se nadenke oor God, mens en aarde in ’n wêreld onder druk.

Dit verbind persoonlike ervaring en refleksie tot ’n samehangende geheel. In ’n eeu van klimaatskrisis vra die boek nie óf geloof nog relevant is nie, maar watter soort geloof geloofwaardig is. Met ’n eerlike styl neem Johan Buitendag die leser op ’n reis van oorgelewerde geloof na ’n ryker verstaan van werklikheid. Die sentrale skuif is dié van heerskap na gemeenskap: ’n visie waarin die aarde as ’n netwerk van lewende verhoudings begryp word waarin God intiem teenwoordig is. Dit open ’n weg na anders dink en anders doen – met hoop te midde van krisis. – IW Ferreira

Author Johan Buitendag

View full details