ISBN: 9781485316329 | Published: October 6, 2026 | Paperback
Zeus van Wyngaardt en die labirinte van monsters
Zeus van Wyngaardt en die labirinte van monsters
Estimated Shipping Widget will be displayed here!
Couldn't load pickup availability
Dit is Kersfees 2020, en sake verloop stadig by die kantoor van Zeus van Wyngaardt.
Dit beteken egter nie dat sy lewe rustig is nie.
Hy worstel steeds met die nagevolge van die assegaaimoord op Willeweeskat en die ontploffing waarin Basie en Basjan Barendse gesterf het. Was Malherbe verantwoordelik vir die ontploffing, en waar is hy nou? Belangriker nog: Is hy dalk op Zeus se spoor? Intussen val sy hoogswanger joernalisvriendin, Lissie, en beweer dat sy haar geheue verloor het. Zeus is egter oortuig dat daar meer agter die storie steek.
Dan kontak ’n “vriendin” van Wildene hom uit die bloute. Asof dit nie genoeg is nie, moet Zeus ook rekening hou met Pa Piet en sy nuwe liefde, Mirna, asook Mirna se sieklike pa. En dan is daar Been-áf, die drie-en-’n-derde-been Amerikaanse veghond met potensiële breinskade, wat Zeus lei na Roelien Nel, die veearts met die aanloklike heupe wat agter die letsel op haar gesig skuil. “Is die lewe ’n labirint of ’n doolhof? Daar’s mos ’n verskil. ’n Labirint het een ingang, en loop, weliswaar in sirkels wat op mekaar terugval, na die middelpunt. Geen afdraaie, geen doodlope, eintlik geen verrassings nie. Wat was, sal wees. Déjà-vu op steroïde, dieselfde ding oor en oor, net uit ’n effense ander hoek. ’n Sirkelgang van kontemplasie, ’n berusting in jou voorafuitgewerkte pad. Voorafbestemming. Ek dink my lewe is meer soos ’n doolhof. Verskeie ingange, ’n helse klomp keuses waarvan die meeste lei na doodloopstrate.
Omdraai, weer probeer, kophou soos ’n dronk weeluis om dalk eendag uit te kom op ’n plek waar jy vrede het met jouself, jou omstandighede, die goeie dinge en slegtes wat oor jou pad gekom het.” – privaat speurder Zeus van Wyngaardt Dit is die vyfde boek in die Zeus van Wyngaardt-reeks.
Author Julio Agrella
Share
