ISBN: 9781776355082 | Published: May 31, 2022 | Paperback
Die bewonderaar
Die bewonderaar
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
Jou diepste vrees is sy grootste begeerte...
Geen lang naels nie. Geen skoenveters nie. Dit is maar enkele van die reëls in die Molenberg-Psigiatriese hospitaal. Selfmoord is ʼn inwoner hier, en die pasiënte word as psigopate bestempel. Dominique du Randt word in Molenberg opgeneem ná haar ma se wrede moord. Niemand glo dat sy nie verantwoordelik is vir haar ma se dood nie. Niemand glo dat sy deur ʼn man agtervolg is wat homself die Bewonderaar noem nie. Haar sielkundige, Martin, het wel sy bedenkinge. Daarom dat hy sy eie speurwerk doen. Wat Martin ontdek, is die Ophelia-klub. 'n Plek van grusame geheime, fantasieë en donker vergrype.
Wanneer een van die vroulike pasiënte in Molenberg-Psigiatriese hospitaal verdwyn, is Dominique oortuig die Bewonderaar weet presies waar sy is. Hy is, soos voorheen, weer in beheer van dié skrikwekkende spel. Maar hoe beskerm jy jouself in 'n plek soos Molenberg? Hier waar niemand jou glo en jy geen vryheid of beheer het nie?
Die bewonderaar volg op Dominique (2021), maar die klem skuif hier weg van Dominique se werk as hoogsbetaalde gesellin. Die fokus val eerder op geestesgesondheid en die misbruik van mag vir eie gewin. Hierdie is ʼn volbloed psigologiese riller wat selfs nog beter is as sy voorganger. Ontstellend, maar geloofwaardig en eg.
Author Erla Diedericks
Share
